Ek glo altyd dat enige ding in matigheid nie die einde van die wereld is nie.

Die probleem kom in as kinders of volwassenes hierdie tipe produkte elke dag of 4 of meer keer n week eet.

Dit is gerieflik, dit is vining, en dit is baie keer lekker, maar in die langtermyn kan dit regtig nadelig wees. Kom ons loer ‘n bietjie na die lys van bestanddele:
Eerstens die sout(natrium):
Dit word aanbeveel dat babas (0-12maande) se totale natrium vir die dag nie meer as 400mg moet wees nie, en kleuters (1-3 jaar) maksimum 800mg per dag. ‘n Pakkie 2 minute noodles bevat tussen 570-800mg natrium! Jy kan self die som maak..

‘vegetable oil’:
Hierdie kan enige iets wees van GMO canola olie tot palm olie, en die noedel koekie word diepgebraai in die olie, maw die olie word verhit tot toksiese hoe vlakke

Antioksidant 319(TBHQ)
Hierdie word aanbeveel om geheel en al vermy te word aangesien dit in groot hoeveelhede karsinogenies kan wees.Dit het ook geboorte defekte sowel as neuro toksiese newe effekte op diere getoon in studies.

Maltodextrin:
Maltodekstrien bevat sulfiete. Hierdie sulfiete word geassosieer met ‘n hele reeks voedsel intoleransie simptome soos kopseer,prikkelbare derm sindroom, gedragsversteurings sowel as vel uitslag. Die mees bekende newe effek is asma.

MSG:
Die lys van newe effekte is kilometers lank.. hartkloppings, naalde en spelde gevoel, brongospasma in asmalyers, rusteloosheid, duiseligheid, naarheid, migraine… Jy kry die prentjie!!

Hierdie is maar net ‘n paar punte wat ek nou uitgelig het.Dit is my eie afleidings as Dieetkundige, baie mense mag met my verskil, maar dit voel vir my as die risiko daar is vir soveel nadelige effekte op jou liggaam HOU VERBY!
Bouter Happies werk al die afgelope 2 jaar aan ‘n gesonder alternatief vir hierdie kits noedels en ons kits noedel is baie gewild onder babas en kleuters
My ( BOUTER HAPPIES) se hele plan is om een porsie as ‘n maaltyd te kan bedien en ‘n verskeidenheid voedsel groepe in te sluit, sodat mammas dit kan gee sonder daardie alewige skuldgevoel.

Die Beet Bouter Happies noedel bevat een medium beet per pakkie.Die Groen mamba opsie bevat een medium babymarrow, 2 Eetlepels ertjies en 1/4k spinasie per pakkie. Die wortel en Pampoen opsie bevat een medium wortel en ¼ koppie pampoen per pakkie. Ons het ook ‘n reenboog noedel opsie waar die 3 gemeng is.

Ons maak gebruik van die hele groente maw die sap en pulp word gebruik om soveel as moontlik vesel, vitamiene en minerale in ons noedels in te sluit! Dit is ook eiervry en dus vegan vriendelik. Dit kan in die mikrogolf en op die stoof gemaak word en is binne 5 minute gaar..

Is dit nie die moeite werd om te probeer nie??